Exodus 32:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met 'n smeergereedskap gemaak nadat hy dit 'n gegote kalf gemaak het; en hulle het gesê: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Aäron het dit by hulle gevat, dit gesmelt en daarvan ’n kalf gemaak wat uit goud gegiet is. Die volk sê toe: “Israel, hier is jou god wat jou uit Egipte bevry het!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar 'n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het. |
| Afrikaans 1983 | Hy het dit van hulle ontvang, dit verwerk en daarvan 'n beeld in die vorm van 'n bulkalf gemaak. Toe sê die volk: “Hier is jou God wat jou uit Egipte bevry het, Israel!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het dit uit hulle hand aanvaar. Toe het hy dit met 'n stilus vorm gegee en 'n gegote kalf daarvan gemaak. Hulle sê toe: “Dit is jou gode, Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het dit geneem en gesmelt. Hy het 'n beeld van 'n bul-kalf daarvan gemaak. Toe sê die Israeliete: “Hierdie is ons god, hy het ons uit Egipte gebring.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het dit by hulle gekry en daarvan ’n beeld van ’n kalf gemaak wat uit goud gegiet is. Die volk sê toe: “Israel, hier is jou god wat jou uit Egipte laat wegtrek het.” |