Exodus 32:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gaan dan nou, lei die volk na die plek waarvan Ek met jou gespreek het; kyk, my Engel gaan voor jou uit; maar op die dag as Ek besoek, sal Ek hulle sonde op hulle besoek.
Afrikaans (NLV) 2011 Gaan nou en gaan lei die volk na die plek wat Ek vir jou gesê het. My engel sal voor jou uitgaan. Ek sal met hulle wat gesondig het, afreken op die dag wanneer Ek hulle tot rekenskap roep.”
Afrikaans 1933/1953 Maar gaan nou en lei die volk waarheen Ek jou gesê het. Kyk, my engel sal voor jou uit gaan. Maar die dag as Ek besoeking doen, dan sal Ek hulle sonde oor hulle besoek.
Afrikaans 1983 Gaan lei jy nou die volk na die plek toe waarvan Ek met jou gepraat het. My engel sal voor jou uit gaan. Op die dag dat Ek rekenskap eis, sal Ek die volk straf oor hulle sonde.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gaan dan nou, lei die volk na die plek waaroor Ek met jou gepraat het. Kyk, my engel gaan voor jou uit. Maar die dag wanneer Ek rekenskap eis, sal Ek hulle tot verantwoording roep oor hulle sonde.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Gaan nou, neem die Israeliete na die plek wat Ek vir jou gesê het. My engel sal vir jou wys waarnatoe julle moet gaan. Maar wanneer Ek so besluit, dan sal Ek hulle straf oor hulle sonde.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gaan nou terug en gaan lei die volk na die plek toe wat Ek met jou afgespreek het. My hemelse boodskapper sal saam met jou daarnatoe gaan. Ek sal nog deeglik met die volk afreken oor die oortreding wat hulle begaan het.”