Exodus 32:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar nou, as U hulle sonde wil vergewe—; en so nie, wis my tog uit jou boek wat jy geskryf het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wil U nie maar asseblief hulle sonde vergewe nie? As U nie wil nie, moet U tog maar my naam uitvee uit die boek waarin U dit opgeteken het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Nou dan, as U tog maar hulle sonde wou vergewe! En so nie, delg my dan maar uit u boek wat U geskryf het! |
| Afrikaans 1983 | Vergewe tog hulle sonde. As dit nie kan nie, moet U my naam maar uitvee uit die boek wat U geskrywe het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As U nou maar hulle sondes sal vergewe! Maar as U nie wil nie, wis my dan maar uit u •boekrol wat U geskryf het, uit.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar nou, vergewe asseblief hulle sonde. As U dit nie wil doen nie, dan moet U my naam uitvee uit die boek wat U geskryf het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As U bereid is, vergewe asseblief tog die fout wat hulle gemaak het. Anders moet U maar my naam uitvee uit die boek waarin U die name opskryf.” |