Exodus 32:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die volgende dag het Moses aan die volk gesê: Julle het 'n groot sonde begaan; en nou sal ek opgaan na die HERE; dalk sal ek versoening doen vir jou sonde.
Afrikaans (NLV) 2011 Die volgende dag het Moses vir die volk wat oor was gesê: “Julle het verskriklik oortree. Ek sal egter weer opklim na die Here toe. Miskien kry ek dit reg dat Hy julle vergewe vir die sonde wat julle gedoen het.”
Afrikaans 1933/1953 En die volgende dag het Moses aan die volk gesê: Julle het 'n groot sonde begaan; maar nou sal ek na die HERE opklim: miskien kan ek vir julle sonde versoening doen.
Afrikaans 1983 Die volgende dag het Moses vir die volk gesê: “Julle het 'n ernstige sonde gedoen, maar ek klim nou na die Here toe op en miskien kry ek by Hom vir julle vergifnis vir julle sonde.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volgende dag het Moses vir die volk gesê: “Julle het 'n groot sonde gedoen. Daarom moet ek nou na die Here opklim; miskien kan ek vir julle sonde versoening doen.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die volgende oggend het Moses vir die volk gesê: “Julle het sonde gedoen, 'n baie groot sonde. Maar ek sal nou na die Here toe gaan en met Hom gaan praat. Miskien sal Hy julle sonde vergewe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgende dag het Moses vir die volk wat oor was, gesê: “Julle het ’n vreeslike sonde gedoen. Ek gaan nou dadelik weer opklim na die Here toe. Miskien kry ek dit reg dat Hy julle vergewe vir wat julle aangevang het.”