Exodus 32:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die hele volk het die goue oorringe wat in hulle ore was, afgebreek en dit na Aäron gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Almal van die volk het toe die goue ringe afgehaal en dit vir Aäron gebring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die hele volk die goue ringe afgeruk wat aan hulle ore was, en dit na Aäron gebring. |
| Afrikaans 1983 | Die hele volk het toe die goue ringe van hulle ore afgehaal en dit vir Aäron gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hele volk het toe die goue ringe wat aan hulle ore was, afgeruk, en dit vir Aäron gebring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe haal al die mense die goue ringe van hulle ore af en hulle bring dit vir Aäron. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het die oorringe gevat en vir Aäron gebring. |