Exodus 32:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Moses het gesê: Wys julle vandag aan die HERE, elkeen aan sy seun en aan sy broer; dat hy jou vandag 'n seën mag gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het toe vir die Leviete gesê: “Julle het vandag julleself aan die Here toegewy. Julle het gedoen wat Hy gesê het, selfs al het dit beteken dat julle julle eie seuns en broers moes doodmaak. Die Here sal julle seën.”
Afrikaans 1933/1953 Toe het Moses gesê: Vul vandag julle hand om te offer aan die HERE -- want elkeen is teen sy seun en teen sy broer -- sodat Hy vandag 'n seën oor julle kan gee.
Afrikaans 1983 Toe het Moses vir die Leviete gesê: “Vandag is julle gewy vir diens aan die Here, want julle het selfs teen seuns en broers opgetree. Om hierdie rede gee die Here vandag aan julle hierdie besondere voorreg.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het gesê: “Julle het julle vandag aan die Here gewy, omdat elkeen van julle teen sy seun en sy broer was. Dit bring vandag 'n seën oor julle.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het vir die Leviete gesê: “Julle het julleself vandag aan die Here gewy om vir Hom te werk. Julle het julle eie seuns en broers doodgemaak. Daarom seën die Here julle vandag en maak Hy julle sy priesters.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het vir die Leviete gesê: “Julle het vandag vir die Here gewerk. Julle was bereid om te doen wat Hy sê. Julle het na Hom geluister, selfs al het dit beteken dat julle seuns en broers moes doodmaak. Die Here die Almagtige sal vir julle sorg.”