Exodus 32:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir hulle: So spreek die HERE, die God van Israel: Sit elkeen sy swaard by sy sy, en gaan in en uit van poort tot poort deur die hele laer, en maak elkeen sy broer en elkeen sy metgesel dood en elkeen sy naaste.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het vir hulle gesê: “Die Here, die God van Israel, sê: ‘Elkeen moet sy swaard vat en van hoek tot kant almal in die kamp doodmaak, of dit nou broer, vriend of familielid is.’”
Afrikaans 1933/1953 En hy het vir hulle gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Laat elkeen sy swaard aangord aan sy heup. Gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen sy broer en elkeen sy vriend en elkeen sy naaste doodmaak.
Afrikaans 1983 Moses sê toe vir hulle: “So sê die Here die God van Israel: Elkeen moet sy swaard vat, kruis en dwars deur die kamp gaan en doodmaak, ongeag of dit familie, vriende of bure is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sê toe vir hulle: “So sê die Here, die God van Israel, ‘Maak elkeen van julle sy swaard aan sy heup vas! Beweeg heen en weer deur die kamp, van ingang tot ingang, en bring elkeen van julle sy broer en sy vriend en sy bloedverwant om die lewe!’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir hulle gesê die Here, die God van die Israeliete, sê: “Elkeen moet sy swaard neem en deur die hele kamp gaan. Maak dood die mense, ook jou broer, jou vriend of jou buurman.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het vir hulle gesê: “Die Here, die God van Israel, sê: ‘Vat jou swaard en gaan maak deur die hele kamp elkeen voor die voet dood, of dit nou jou broer, vriend of familielid is, maak nie saak nie.’”