Exodus 32:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe gaan Moses in die poort van die laer staan en sê: Wie is aan die kant van die HERE? laat hom na my toe kom. En al die seuns van Levi het by hom bymekaargekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het by die ingang van die laer gaan staan en hardop uitgeroep: “Almal wat aan die Here se kant is, kom staan hier by my!” Al die Leviete het by hom gaan staan.
Afrikaans 1933/1953 het Moses in die poort van die laer gaan staan en gesê: Wie v¡r die HERE is, kom na my toe! Toe het al die seuns van Levi by hom versamel.
Afrikaans 1983 het hy by die ingang van die kamp gaan staan en gesê: “Wie vir die Here is, kom hier na my toe!” Al die Leviete het om hom bymekaargekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het toe by die ingang na die kamp gaan staan en gesê: “Wie vir die Here is, kom hier na my toe!” Al die Leviete het by hom byeengekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het Moses by die ingang van die kamp gaan staan en gesê: “Almal wat vir die Here iets wil doen, kom hier na my toe!” Al die Leviete het toe by Moses kom staan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het by die ingang van die laer gaan staan en uitgeroep: “Dié wat aan die Here se kant is, moet hier by my kom staan!” Die hele familie van Levi het toe om hom gaan staan.