Exodus 32:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Moses sien dat die volk naak was; (want Aäron het hulle tot hul skande onder hul vyande naak gemaak.)
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het besef dat Aäron toegelaat het dat die volk hand uitruk. Hulle was ’n bespotting vir hulle vyande.
Afrikaans 1933/1953 Toe Moses sien dat die volk bandeloos was -- want Aäron het hulle bandeloos laat word tot leedvermaak onder hulle teëstanders --
Afrikaans 1983 Toe Moses hoor dat dit die volk is wat op loop gesit het, en dat dit Aäron is wat hulle op loop laat sit het, sodat hulle 'n spot by hulle vyande geword het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het gesien dat die volk losbandig is, want Aäron het hulle losbandig laat word, sodat hulle 'n bespotting by hulle teenstanders geword het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het gesien die volk het wild geword en verkeerd gedoen. Hy het ook gesien dit was Aäron se skuld. Hy het geweet hulle vyande sal hulle spot.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses sien toe dat die volk handuit geruk het tot groot vermaak van hulle teëstanders. Aäron het hulle nie in toom gehou nie.