Exodus 32:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het vir hulle gesê: Elkeen wat goud het, laat hulle dit afbreek. Toe het hulle dit vir my gegee; toe het ek dit in die vuur gegooi, en hierdie kalf het uitgekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het toe vir hulle gesê: ‘Haal af julle goue oorringe en bring dit vir my.’ Ek het dit by hulle gevat en in die vuur gegooi en siedaar, hierdie kalf kom toe uit die vuur!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het ek hulle geantwoord: Wie goud het, laat die dit afruk! En hulle het dit aan my gegee. En ek het dit in die vuur gegooi, en hierdie kalf het daaruit gekom. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê ek vir hulle: ‘Dié wat goud aan hulle het, moet dit afhaal en vir my gee.’ Ek het dit in die vuur gegooi, en hierdie bulkalf het daaruit gekom.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het toe vir hulle gesê, ‘Wie goud het, ruk dit af!’ Hulle het dit vir my gegee en ek het dit in die vuur gegooi; en toe kom hierdie kalf daar uit.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het toe vir hulle gesê almal wat goue ringe het, moet dit afhaal en vir my gee. Ek het die goue ringe in die vuur gegooi en hierdie bul-kalf het daaruit gekom.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het toe vir hulle gesê dat almal wat goue ringe aanhet, dit moet afhaal en vir my kom gee. Ek het dit in die vuur gegooi en toe ek sien, toe spring hierdie goue kalf sommer daar uit die vuur uit.” |