Exodus 32:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hulle het vir my gesê: Maak vir ons gode wat voor ons uit sal gaan; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het vir my kom sê: ‘Maak vir ons ’n god wat ons kan lei. Ons weet nie wat geword het van hierdie Moses wat ons uit Egipte gelei het nie.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het dan aan my gesê: Maak vir ons gode wat voor ons uit trek, want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het vir my gesê: ‘Maak vir ons 'n god dat hy ons kan lei. Hierdie Moses het nou wel vir ons uit Egipte laat wegtrek, maar ons weet nie wat van hom geword het nie.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het vir my gesê, ‘Maak vir ons gode wat voor ons uit trek, want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het – ons weet nie wat met hom gebeur het nie.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het vir my gesê: ‘Maak vir ons 'n god wat vir ons kan wys waarnatoe ons moet gaan. Hierdie man Moses het vir ons uit Egipte gebring, maar ons weet nie waar hy nou is nie.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het my kom vra: ‘Maak tog vir ons ’n god wat ons verder kan lei. Ons weet nie waar Moses is wat ons uit Egipte gelei het nie.’ |