Exodus 32:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Aäron: Laat die toorn van my heer nie ontvlam nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Moenie kwaad word nie,” het Aäron geantwoord. “Jy weet self hoe gereed is hierdie volk om kwaad te doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe antwoord Aäron: Laat die toorn van my heer nie ontvlam nie. U self ken die volk, dat hulle deur en deur sleg is. |
| Afrikaans 1983 | Maar Aäron antwoord: “U moenie kwaad wees nie. U weet self hoe sleg die volk is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Aäron het geantwoord: “Die toorn van my heer moet tog nie ontbrand nie. U ken self die volk, dat hulle tot kwaad geneig is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Aäron antwoord toe: “Meneer, moenie kwaad wees vir my nie. Jy weet self hierdie volk wil altyd verkeerde dinge doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Aäron antwoord toe: “Meneer, jy moenie kwaad word nie. Jy weet so goed soos ek dat hierdie volk altyd reg is om kwaad te doen. |