Exodus 32:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Aäron vir hulle: Breek die goue oorringe af wat in die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my.
Afrikaans (NLV) 2011 Aäron het toe vir hulle gesê: “Haal julle vroue en seuns en dogters se goue ringe van hulle ore af en bring dit hier vir my.”
Afrikaans 1933/1953 En Aäron sê vir hulle: Ruk die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my.
Afrikaans 1983 Aäron het hulle geantwoord: “Haal die goue oorringe van julle vrouens, julle seuns en julle dogters se ore af en bring dit vir my.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aäron sê toe vir hulle: “Ruk die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, seuns en dogters is, en bring dit vir my.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Aäron sê toe vir hulle: “Haal af die goue ringe wat aan julle vroue, julle seuns en julle dogters se ore is. Bring dit alles vir my.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aäron sê toe vir hulle: “Kry by julle vroue en julle seuns en dogters die goue oorringe wat hulle aanhet en bring dit vir my.”