Exodus 32:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En net toe hy naby die laer kom, sien hy die kalf en die dansery, en Moses se toorn het ontvlam, en hy het die tafels uit sy hande gegooi en dit onder die berg gebreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle nader aan die kamp kom, het Moses die kalf en die gedansery gesien. Hy het so kwaad geword dat hy die klippe op die grond neergegooi het. Dit het daar by die voet van die berg in stukke gebreek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hy naby die laer kom en die kalf en koordanse sien, het die toorn van Moses ontvlam, en hy het die tafels uit sy hande gegooi en hulle onder aan die berg verbrysel. |
| Afrikaans 1983 | Toe Moses naby die kamp kom en die kalf en die dansery sien, het hy woedend geword en die twee plat klippe in sy hand flenters gegooi teen die voet van die berg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hy naby die kamp kom en die kalf en die kringdanse sien, het Moses kwaad geword. Hy het die kliptafels wat in sy hande was, neergesmyt en dit aan die voet van die berg verpletter. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Moses naby die kamp kom, het hy die beeld van die bul-kalf gesien en die Israeliete wat dans. Hy het toe baie kwaad geword en hy het die twee plat klippe stukkend gegooi. Die klippe het onder teen die berg geval en gebreek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Moses nader kom aan die kamp en die beeld van die kalf sien en sien hoe hulle al in die rondte dans, het hy so kwaad geword dat hy die plat klippe op die grond neergesmyt het. Dit het in stukke by die voet van die berg gelê. |