Exodus 32:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê: Dit is nie die stem van die wat oor heerskappy skreeu nie, en dit is nie die stem van die wat roep omdat hulle oorweldig is nie; maar die geluid van die wat sing, hoor ek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het geantwoord: “Nee, dis nie die gejuig van oorwinning nie; ook nie die gekerm van verloorders nie. Dis die lawaai van feesviering wat ek hoor!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hy antwoord: Dit is nie die geluid van die wat sing van oorwinning nie; dit is ook nie die geluid van die wat sing van neerlaag nie: ek hoor die geluid van beurtgesang. |
| Afrikaans 1983 | Maar Moses het gesê: “Dit klink nie na oorwinning nie, dit klink nie na neerlaag nie, wat ek hoor, klink na feesviering.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar hy het geantwoord: “Dit is nie die klank van liedere ná 'n oorwinning nie, ook nie die klank van liedere ná 'n nederlaag nie; die klank van sang, dit is wat ek hoor.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Moses het gesê: “Hulle skree nie soos mense wat gewen het in die oorlog nie. Hulle huil ook nie soos mense wat verloor het nie. Ek hoor hulle sing.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nee,” sê Moses, “dis nie die gejuig van oorwinnaars nie, dis nie die gekerm van verloorders nie, maar die lawaai van ’n dronkspul wat ek hoor.” |