Exodus 32:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Josua die geraas van die volk hoor terwyl hulle skreeu, sê hy vir Moses: Daar is 'n oorlogsgerus in die laer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Josua hoor hoe die volk tekere gaan, het hy vir Moses gesê: “Dit klink of daar oorlog in die kamp is!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Josua die stem van die volk hoor hoe hulle juig, sê hy aan Moses: Daar is oorlogsgeraas in die laer. |
| Afrikaans 1983 | Toe Josua die volk hoor lawaai, sê hy vir Moses: “Daar is oorlog in die kamp!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josua het die geluide van die volk gehoor toe hulle skreeu. Hy sê toe vir Moses: “Daar kom oorlogsgeluide uit die kamp.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josua het gehoor hoe die Israeliete skree en raas en hy het vir Moses gesê: “Daar is oorlog in die kamp!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Josua die lawaai van die volk hoor, sê hy vir Moses: “Daar is oorlog in die kamp.” |