Exodus 32:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Moses omgedraai en van die berg afgegaan, en die twee tafels van die Getuienis was in sy hand; die tafels was aan albei kante beskrywe; aan die een kant en aan die ander kant is hulle geskryf.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het Moses omgedraai en van die berg afgeklim. Hy het die klippe waarop die verbond geskryf was in sy hand gehou. Dit was op albei kante, voor en agter, geskryf.
Afrikaans 1933/1953 En Moses het omgedraai en van die berg afgeklim, met die twee tafels van die Getuienis in sy hand, tafels wat op altwee kante beskrywe was; hulle was op die een en op die ander kant beskrywe.
Afrikaans 1983 Daarna het Moses omgedraai en van die berg af gegaan met die twee plat klippe waarop die getuienis was, in sy hand. Aan weerskante was daar op hulle geskryf,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het omgedraai en van die berg afgegaan met die twee tafels met die Getuienis in sy hand, tafels waarop aan al twee kante geskryf was; op die voorkant en op die agterkant was daar geskryf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het omgedraai en afgekom van die berg. In sy hande was die twee plat klippe waarop die tien gebooie was. Die Here het op altwee kante van die klippe geskryf, op die voorkant en op die agterkant.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses is van die Here af weg en het teen die berg begin afklim. Hy het die twee plat klippe waarop die bewys van die Here se ooreenkoms geskryf was, in sy hand gehou. Daar was aan die voorkant en ook aan die agterkant op die klippe geskryf.