Exodus 32:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dink aan Abraham, Isak en Israel, U dienaars, aan wie U by Uself gesweer en vir hulle gesê het: Ek sal julle nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel, en hierdie hele land waarvan Ek gespreek het, sal Ek aan julle gee saad, en hulle sal dit vir ewig beërwe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Onthou tog dat U ’n ooreenkoms gesluit het met u dienaars Abraham, Isak en Jakob. “U het vir hulle belowe: ‘Ek sal julle nageslag so baie maak soos die sterre in die lug. Ek sal hierdie hele land vir julle nageslag gee om vir altyd in te woon.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Gedenk aan Abraham, Isak en Israel, u knegte, vir wie U by Uself gesweer en aan wie U gesê het: Ek sal julle nageslag vermenigvuldig soos die sterre van die hemel, en hierdie hele land waarvan Ek gespreek het, sal Ek aan julle nageslag gee, dat hulle dit vir ewig kan beërwe. |
| Afrikaans 1983 | Dink aan wat U met 'n eed beloof het aan u dienaars, aan Abraham, Isak en Israel toe U vir hulle gesê het: Ek sal julle nageslag so baie maak soos die sterre aan die hemel. Die hele landstreek wat Ek belowe het, sal Ek vir julle nageslag gee om vir altyd in besit te neem.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dink aan Abraham, Isak en Israel, u diensknegte vir wie U by Uself gesweer en vir hulle gesê het, ‘Ek sal julle nageslag so baie laat word soos die sterre aan die hemelruim; en hierdie hele land wat Ek gesê het Ek vir julle nageslag sal gee, sal hulle vir altyd as erfdeel ontvang.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet onthou wat U self belowe het vir u dienaars Abraham en Isak en Jakob. U het vir hulle gesê: ‘Ek sal julle nageslag so baie maak soos die sterre in die lug. Ek sal hierdie hele land vir julle nageslag gee, en dit sal altyd aan hulle behoort.’ Here, U was self die getuie toe U dit vir hulle belowe het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dink ’n bietjie aan u kinders Abraham, Isak en Israel. U het mos plegtig vir hulle belowe dat U hulle nakomelinge so baie sal laat word soos die sterre in die lug. U het beloof dat U die land as ’n ewige erfdeel aan hulle nageslag sal gee.” |