Exodus 32:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarom sou die Egiptenaars spreek en sê: Hy het hulle uit onheil uitgelei om hulle op die berge dood te maak en hulle van die aarde af te verteer? Bekeer U van U toorn en bekeer U van hierdie onheil teen U volk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Waarom sal U die Egiptenaars kans gee om te sê: ‘Hulle God het hulle om die bos gelei. Hy het hulle bevry sodat Hy hulle tussen die berge kon uitwis en van die aarde af laat verdwyn’? Moet tog asseblief nie kwaad word nie. Sien af daarvan en moenie hierdie ramp oor hulle laat kom nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Waarom sou die Egiptenaars spreek en sê: In kwaadwilligheid het Hy hulle uitgelei om hulle in die berge om te bring en hulle van die aardbodem af te vernietig? Wend U af van die gloed van u toorn, en laat dit U berou oor die onheil van u volk. |
| Afrikaans 1983 | Waarom moet die Egiptenaars kan sê: ‘Hy het die Israeliete bevry met die bose plan om hulle tussen die berge dood te maak en hulle heeltemal te vernietig’? “Laat u toorn bedaar en wees u volk genadig. Moet tog nie dié ramp oor hulle laat kom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waarom sou die Egiptenare sê, ‘Met 'n bose plan het Hy hulle uitgelei, om hulle in die berge om te bring en hulle van die aardbodem af uit te delg’? Laat vaar u brandende toorn en kry tog spyt oor die onheil teen u volk! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As U hulle nou doodmaak, dan sal die Egiptenaars sê: ‘Die Here het die Israeliete gered, maar Hy het 'n skelm plan gehad. Hy wou hulle doodmaak in die berge en Hy wou hulle almal heeltemal wegvee van die aarde af.’ Here, moenie kwaad wees vir u volk nie. Verander asseblief u planne en moenie hulle doodmaak nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Waarom sal U nou die Egiptenaars kans gee om te sê: ‘Hulle God het hulle met ’n slim plan uitgevang. Hy het hulle laat trek sodat Hy hulle daar by die berg kan gaan doodmaak. Hy het hulle van die aarde afgevee. Laat asseblief tog u woede bedaar. Moet asseblief tog nie hierdie vreeslike ding met u volk laat gebeur nie. |