Exodus 32:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses het die HERE sy God gesmeek en gesê: HERE, waarom ontvlam U toorn teen U volk wat U met groot krag en met 'n sterke hand uit Egipteland uitgelei het?
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Moses het by die Here gepleit om dit nie te doen nie. Hy het vir die Here gevra: “Here, waarom sal U nou u woede uithaal op u volk wat U met groot krag en sterk mag uit Egipte bevry het?
Afrikaans 1933/1953 Maar Moses het die HERE sy God om genade gesmeek en gesê: Waarom, o HERE, sou u toorn ontvlam teen u volk wat U met grote krag en met 'n sterke hand uit Egipteland uitgelei het?
Afrikaans 1983 Maar Moses het by die Here sy God gepleit en gesê: “Here, waarom is U toornig op u volk vir wie U deur u groot mag en met kragtige dade uit Egipte bevry het?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het egter die Here sy God goedgesind probeer stem en gesê: “Waarom, Here, moet u toorn brand teen u volk vir wie U uit Egipteland gelei het met groot krag en 'n sterk hand?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het mooi gepraat met sy God die Here en Moses het Hom gesoebat om sy plan te verander. Hy het gesê: “Here, hoekom is U kwaad vir u volk? U het hulle uit Egipte gebring. U het hulle met u groot krag vrygemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het toe by die Here sy God begin mooipraat: “Here, hoekom sal U nou u woede uithaal op u volk wat U met groot krag uit Egipte laat wegtrek het?