Exodus 32:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat my dan nou staan, dat my toorn teen hulle ontvlam en Ek hulle kan verteer; en Ek sal van jou 'n groot nasie maak.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie My nou keer nie. Laat staan My dat Ek my woede op hulle kan uithaal en hulle uitwis. Ek sal eerder van jou ’n groot nasie maak.”
Afrikaans 1933/1953 Laat My dan nou begaan, dat my toorn teen hulle ontvlam en Ek hulle verteer. Dan sal Ek jou tot 'n groot nasie maak.
Afrikaans 1983 Moet My nie probeer keer nie. Ek is toornig op my volk en Ek wil hulle vernietig. Vir jou sal Ek dan tot 'n groot nasie maak.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat My dan nou met rus, sodat my toorn teen hulle kan ontbrand en Ek hulle kan vernietig. Ek sal jou dan 'n groot nasie maak.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moenie probeer om My te keer nie. Ek is baie kwaad vir hulle en Ek wil hulle almal doodmaak. Dan sal Ek jou nageslag 'n groot volk maak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Los My nou uit dat Ek my woede op hulle kan uithaal en hulle uitroei. Moenie jou bekommer nie, want Ek sal jou ’n groot volk laat word.”