Exodus 31:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, Ek het Aholiab, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan saam met hom gegee;
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek het ook Oholiab, die seun van Agisamak uit die stam van Dan, gekies om saam met hom te werk. Ek het aan verskillende manne wat oor die kennis beskik die vaardigheid gegee om al die dinge te maak wat Ek vir jou gesê het.
Afrikaans 1933/1953 En kyk, Ek het hom Oholiab bygegee, die seun van Ah¡samag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid gegee, dat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak:
Afrikaans 1983 Ek het vir Oholiab, seun van Agisamak uit die stam Dan, aangestel om saam met hom te werk. Aan elke vakman het Ek vaardigheid gegee sodat hulle alles kan maak wat Ek jou beveel het:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “En Ek, kyk, Ek het Oholiab, seun van Agisamag, van die stam van Dan, as sy bystand gegee; en in die hart van elkeen wat vaardig is, het Ek wysheid gegee, sodat hulle alles kan maak wat Ek jou beveel het:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het vir Oholiab gekies om hom te help. Hy is die seun van Agisamak van die Dan-stam. Ek het ook al die ander ambagsmanne vaardig gemaak, sodat hulle alles kan doen wat Ek vir julle sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het ook Oholiab die seun van Agisamak uit die stam van Dan gekies om saam met hom te werk. “Ek het aan verskillende mans wat fluks is met hulle hande die vaardigheid gegee om die tent te maak soos Ek vir jou beduie het.