Exodus 31:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het aan Moses, nadat hy klaar was om met hom op die berg Sinai te spreek, twee tafels van getuienis gegee, kliptafels, beskrywe met die vinger van God.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die Here klaar gepraat het met Moses op Sinai, het Hy vir hom twee plat klippe gegee waarop God met sy eie vinger die bepalings van sy verbond geskryf het.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van God.
Afrikaans 1983 Nadat die Here op Sinaiberg met Moses gepraat het, het Hy die twee plat klippe met die getuienis daarop aan Moses gegee. Dit is die plat klippe waarop God met sy vinger geskryf het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat die Here klaar met Moses gepraat het, het Hy vir hom op die berg Sinai die twee tafels met die Getuienis gegee – kliptafels waarop daar deur die vinger van God geskryf is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die Here klaar met Moses gepraat het op Sinai-berg, het Hy vir Moses die twee klippe gegee waarop Hy die tien gebooie geskryf het. Dit was plat klippe, en God het die tien gebooie met sy vinger daarop geskryf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die Here op Sinaiberg klaar met Moses gepraat het, het Hy vir hom die twee plat klippe gegee. Die klippe is die bewys van sy ooreenkoms met Israel. Die Here het self op die klippe die reëls vir sy ooreenkoms neergeskryf.