Exodus 31:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is 'n teken tussen My en die kinders van Israel vir ewig, want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, en op die sewende dag het Hy gerus en verkwik.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is tussen My en die Israeliete ’n teken wat vir altyd sal bly staan. Die Here het in ses dae die hemel en die aarde gemaak. Op die sewende dag het Hy tot rus gekom.”
Afrikaans 1933/1953 Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig 'n teken; want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.
Afrikaans 1983 Dit sal vir altyd 'n teken wees tussen My en die Israeliete. In ses dae het Ek, die Here, die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Ek nie gewerk nie, maar gerus.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit dien as 'n ewige teken tussen My en die Israeliete. Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en is Hy verkwik.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal altyd 'n bewys wees van die verbond tussen My en die Israeliete. Ek het die hemel en die aarde in ses dae gemaak, maar op die sewende dag het Ek nie gewerk nie. Ek het toe gerus.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dis vir altyd ’n teken dat daar ’n ooreenkoms tussen My en Israel is. Die Here het die hemel en die aarde in ses dae gemaak. Hy het op die sewende dag opgehou om weer asem te skep en uit te rus.”