Exodus 31:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ses dae mag werk verrig word; maar op die sewende is dit russabbat, heilig aan die HERE; elkeen wat enige werk op die sabbatdag doen, moet sekerlik gedood word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gaan ses dae lank aan met jou gewone werk. Op die sewende dag moet jy daarmee ophou en tot rus kom. Dit is die Here se heilige rusdag. Enigeen wat op die Sabbatdag met sy werk aangaan, moet doodgemaak word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees 'n dag van volkome rus, heilig aan die HERE. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word. |
| Afrikaans 1983 | Ses dae kan daar gewerk word, maar die sewende dag is 'n rusdag, 'n sabbat wat gewy is aan My, die Here. Elkeen wat op die sabbatdag werk, moet doodgemaak word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ses dae lank mag daar gewerk word, maar op die sewende dag is dit 'n buitengewone Sabbat, gewy aan die Here. Elkeen wat op die Sabbatdag werk doen, moet beslis sterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet ses dae werk, maar die sewende dag is die Sabbatdag. Dit is 'n dag wanneer julle heeltemal moet rus, want hierdie dag is gewy aan My. Julle moet elkeen doodmaak wat op die Sabbatdag werk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle kan ses dae lank aangaan met julle werk. Op die sewende dag moet daar uit eerbied vir die Here heeltemal opgehou word met die werk. As iemand moedswillig is en maar net eenvoudig aangaan met sy werk, moet hy doodgemaak word. “ |