Exodus 31:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom moet julle die sabbat hou; want dit is vir julle heilig; elkeen wat dit verontreinig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat enige werk daarin doen, dié siel moet onder sy volk uitgeroei word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hou die Sabbatdag gereeld, want dit is ’n heilige dag. Die een wat dit verontagsaam, moet beslis doodgemaak word. Iemand wat op daardie dag met sy werk aangaan, sal uit die gemeenskap verwyder word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, die siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit. |
| Afrikaans 1983 | Onderhou dus die sabbat. Dit moet vir julle 'n gewyde dag wees. Hy wat dit ontwy, moet doodgemaak word. Wie op dié dag werk, moet van sy volk afgesny word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle moet die Sabbat onderhou, want dit is heilig vir julle. Wie dit ontheilig, moet beslis sterf. As enigiemand op dié dag werk, moet daardie persoon onder sy volk uitgeroei word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom moet julle die Sabbatdag vier. Dit moet vir julle 'n gewyde dag wees. As iemand die Sabbatdag ontwy, dan moet julle hom doodmaak. Ja, julle moet elkeen wat op die Sabbatdag werk, afsny van sy volk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet altyd op die sewende dag rus. Julle doen dit ter wille van My. Die persoon wat hom nie aan die rusdag steur nie, moet doodgemaak word. Iemand wat op die rusdag maar net aangaan met sy werk asof daar nie ’n ooreenkoms met My is nie, hoort nie by my volk nie. Hy moet beslis weggejaag word. |