Exodus 31:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Spreek jy ook met die kinders van Israel en sê: Voorwaar, my sabbatte moet julle onderhou, want dit is 'n teken tussen My en julle in julle geslagte; sodat julle kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig.
Afrikaans (NLV) 2011 “Jy moet vir die Israeliete sê om my Sabbatte te onderhou. Die Sabbat is ’n teken van die ewige verbond tussen My en julle. Dit herinner julle daaraan dat Ek die Here is wat julle vir My afgesonder het.
Afrikaans 1933/1953 Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is 'n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig.
Afrikaans 1983 “Jy moet vir die Israeliete sê: Onderhou my sabbatte. Dit is van geslag tot geslag 'n teken tussen My en julle sodat julle kan besef dat Ek, die Here, julle vir My geheilig het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Jy self moet vir die Israeliete sê, ‘My Sabbatte moet julle beslis onderhou, want dit dien as 'n teken tussen My en julle vir al julle komende geslagte, sodat julle kan weet dat Ek, die Here, die Een is wat julle heilig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Sê vir die Israeliete: ‘Julle moet altyd die Sabbatdag vier. Julle moet dit doen, want dit sal 'n bewys wees van die verbond tussen My en julle. As julle nageslag sien julle doen dit, dan sal hulle weet dat Ek die Here is wat julle gekies het om aan My te behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) om vir die Israeliete te sê: “Die belangrikste van alles is my rusdae. Julle moet my rusdae hou. Die rusdag is die belangrikste teken oor al die geslagte heen dat daar ’n ooreenkoms tussen My en julle bestaan. Dit is die teken dat Ek die Here is en dat Ek julle my volk gemaak het.