Exodus 31:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en die salfolie en reukwerk van speserye vir die heiligdom: volgens alles wat Ek jou beveel het, moet hulle doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal ook die salfolie en die spesiale wierook maak, alles presies soos Ek vir jou gesê het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | ook die salfolie en die reukwerk van speserye vir die heiligdom -- net soos Ek jou beveel het, moet hulle dit maak. |
| Afrikaans 1983 | die salfolie en die geurige wierook vir die heiligdom. Hulle moet alles maak net soos Ek jou beveel het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | die salfolie en die geurige reukwerk vir die heiligdom. Net soos Ek jou beveel het, moet hulle dit maak.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle moet ook die salf-olie en die wierook vir die tempel maak. Ek hou daarvan. Hulle moet dit alles maak soos Ek vir jou gesê het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ook die salfolie en die wierookmengsel - alles wat Ek gesê het jy moet maak.” |