Exodus 30:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Julle mag geen vreemde reukwerk daarop of brandoffer of spysoffer bring nie; ook mag julle geen drankoffer daarop uitgiet nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Julle mag nie op hierdie altaar onheilige wierook brand nie. Julle mag ook nooit offers van vleis of graanoffers of drankoffers op hierdie altaar bring nie.
Afrikaans 1933/1953 Julle mag daarop geen vreemde reukwerk of brandoffer of spysoffer bring nie. Julle mag ook geen drankoffer daarop uitgiet nie.
Afrikaans 1983 “Julle mag nie ongeoorloofde wierook op die wierookaltaar brand nie, ook nie brandoffers of graanoffers nie, en nie 'n drankoffer daarop uitgiet nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Julle mag nie vreemde reukwerk laat brand, 'n •brandoffer of 'n •graanoffer daarop bring nie. 'n •Drankoffer mag julle ook nie daarop uitgiet nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Op hierdie altaar mag julle net wierook brand wat reg is vir My. Julle mag nie brand-offers of koring-offers op hierdie altaar brand nie, en julle mag ook nie 'n drank-offer daarop uitgooi nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Geen ander soort offer mag op hierdie altaar geoffer word nie. Daar mag nie vreemde goed op gebrand word nie. Julle mag ook nooit ’n offer van vleis daarop verbrand of offers daarop bring waarvan julle self ’n deel kan eet nie. Daar mag ook nie iets daarop uitgegooi word om dit te offer nie.