Exodus 30:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as Aäron in die aand die lampe aansteek, moet hy daarop reukwerk aan die brand steek, 'n ewige reukwerk voor die aangesig van die HERE in julle geslagte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ook wanneer hy die lampe teen die aand aan die brand steek, moet hy wierook daarop brand. Elke geslag moet wierook voor die Here laat brand. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as Aäron teen die aand die lampe opsteek, moet hy dit aan die brand steek as 'n voortdurende reukwerk voor die aangesig van die HERE in julle geslagte. |
| Afrikaans 1983 | Elke aand wanneer hy die lampe aansteek, moet hy wierook brand. Die wierookoffer moet altyd, ook deur julle nageslag, vir My, die Here, gebring word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As Aäron laatmiddag die lampe opsteek, moet hy dit as reukwerk voortdurend voor die Here laat brand. Dit geld ook vir julle nageslagte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Aäron moet ook elke aand wanneer hy die lampe aansteek, wierook op die altaar brand. Julle en julle nageslag moet altyd vir My 'n wierook-offer bring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ook wanneer hy teen die aand se kant die lampe kom aansteek, moet hy wierook daarop brand. Daar moet deur die jare altyd wierook voor die Here gebrand word. |