Exodus 30:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Aäron moet elke môre speserye daarop aan die brand steek;
Afrikaans (NLV) 2011 “Elke oggend wanneer Aäron die lampe kom uitdoof, moet hy geurige wierook op die altaar brand.
Afrikaans 1933/1953 En Aäron moet daarop reukwerk van speserye aan die brand steek; elke môre as hy die lampe regmaak, moet hy dit aan die brand steek.
Afrikaans 1983 Elke oggend wanneer Aäron die lampe versorg, moet hy geurige wierook op die altaar brand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Aäron moet die geurige reukwerk op die altaar laat brand. Elke oggend wanneer hy die lampe versorg, moet hy dit laat brand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Aäron moet elke oggend wierook op die altaar brand, Ek hou daarvan. Hy moet dit doen wanneer hy die lampe skoonmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Elke oggend wanneer Aäron die lampe kom uitdoof, moet hy geurige wierook op die altaar aan die brand steek.