Exodus 30:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet dit neersit voor die voorhangsel wat by die ark van die Getuienis is, voor die versoendeksel wat oor die Getuienis is, waar Ek jou sal ontmoet.
Afrikaans (NLV) 2011 Sit die wierookaltaar voor die gordyn waaragter die ark van die verbond is. Dit moet reg teenoor die versoendeksel wees. Daar sal Ek jou ontmoet.
Afrikaans 1933/1953 Sit dit dan voor die voorhangsel wat voor die ark van die Getuienis is, voor die versoendeksel wat oor die Getuienis is, waar Ek met jou sal saamkom.
Afrikaans 1983 Sit die altaar dan neer voor die voorhangsel wat hang voor die ark met die getuienis, voor die deksel op die getuienis waar Ek jou sal ontmoet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet die altaar neersit voor die voorhangsel wat by die ark met die Getuienis is, voor die versoendeksel wat oor die Getuienis is, waar Ek jou sal ontmoet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet die altaar neersit voor die gordyn wat hang voor die kis waarin die tien gebooie moet kom. Sit dit neer voor die deksel van die kis waar Ek altyd aan julle sal verskyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gaan sit die altaar voor die gordyn neer waaragter die ark met die bewys van die ooreenkoms en sy deksel is, die plek waar Ek jou ontmoet.