Exodus 30:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En twee goue ringe moet jy daarvoor maak onder sy kroon, aan die twee hoeke daarvan; aan die twee kante daarvan moet jy dit maak; en dit moet 'n plek wees vir die draaghoute om dit mee te dra. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maak draringe van goud vir die altaar. Sit dit onder die rand vas aan die teenoorstaande kante sodat die drapale waarmee die altaar gedra word daar kan deursteek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maak ook twee goue ringe daarvoor onderkant die krans aan weerskante; jy moet die aan die twee sykante maak. En hulle moet dien as plekke vir draaghoute om dit daarmee te dra. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet twee goue ringe vir elke kant maak en dit aan weerskante teenoor mekaar, onderaan die lys vassit om die draaghoute waarmee jy die altaar moet dra, daardeur te steek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Twee goue ringe moet jy daarvoor maak, aan die twee sykante onder die rand. Jy moet dit aan weerskante maak, sodat dit kan dien as houers vir die draaghoute waarmee dit gedra word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maak twee goue ringe vas onder aan die rand aan elke kant van die altaar. Dan kan julle die dra-pale deur die ringe steek om die altaar te dra. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maak draringe van goud vir die altaar. Sit hulle aan die twee teenoorstaande kante vas, net onder die randjie, om die drastokke daardeur te kan sit waaraan die altaar gedra word. |