Exodus 30:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die reukmiddel wat jy maak, mag julle vir julle nie maak volgens die samestelling daarvan nie; dit moet vir julle heilig wees aan die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy mag nooit hierdie wierook vir jouself maak nie. Dit is uitsluitlik vir die Here. Dit is vir die Here alleen. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die reukwerk wat jy moet maak -- na dieselfde voorskrif mag julle vir julle nie maak nie; as iets heiligs aan die HERE moet dit vir jou wees. |
| Afrikaans 1983 | Wat die wierook betref wat jy voorberei, niemand van julle mag dit volgens dieselfde voorskrif vir homself voorberei nie. Dit moet gewyd wees vir julle, aan My, die Here, gewy. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Die reukwerk wat jy moet maak, mag julle nie vir julleself maak van dieselfde bestanddele nie. Dit moet vir jou heilig aan die Here wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle mag nie wierook soos hierdie vir julleself maak nie. Hierdie wierook moet gewy wees aan My. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle mag nie hierdie resep gebruik om ook vir julleself dieselfde mengsel van wierook te maak nie. Dit is uitsluitlik vir die Here en sy werk by die tent bedoel. |