Exodus 30:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet daarvan baie klein slaan en daarvan voor die Getuienis in die tent van samekoms neersit waar Ek jou sal ontmoet; hoogheilig moet dit vir jou wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maal dit tot ’n fyn poeier en strooi daarvan voor die ark van die verbond waar Ek jou ontmoet in die tent van ontmoeting. Dit is besonder heilige wierook. |
| Afrikaans 1933/1953 | En vrywe 'n gedeelte daarvan heeltemal fyn, en sit 'n deel daarvan neer voor die Getuienis in die tent van samekoms, waar Ek met jou sal saamkom; hoogheilig moet dit vir julle wees. |
| Afrikaans 1983 | Vryf dit fyn tot 'n poeier en sit daarvan neer voor die getuienis in die tent van ontmoeting waar Ek jou sal ontmoet. Die wierookoffer moet vir julle besonder gewyd wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet daarvan fynstamp tot 'n poeier en daarvan voor die Getuienis in die Tent van Ontmoeting plaas, waar Ek jou sal ontmoet. Dit moet vir julle besonder heilig wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maak 'n poeier daarvan en sit dit voor die kis waarin die tien gebooie moet kom, in die tent waar Ek aan julle verskyn. Dit moet hoog-gewy wees aan My. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maal dit tot ’n fyn poeier. Strooi daarvan voor die ark met die bewyse van ons ooreenkoms in daardie tent waar Ek en jy mekaar ontmoet. Julle moet dit respekteer as iets wat baie spesiaal is en net vir my tent bedoel is. |