Exodus 30:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die HERE vir Moses: Neem vir jou soet speserye, stacte en onycha en galbanum; hierdie speserye met suiwer wierook: van elkeen moet dieselfde gewig wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het verder vir Moses gesê: “Meet gelyke hoeveelhede speserye af van hars, naeltjies, galbanum en suiwer wierook.
Afrikaans 1933/1953 Verder het die HERE vir Moses gesê: Neem vir jou speserye: storaksgom en naeltjies en g lbanum -- speserye en ook suiwer wierook; alles in gelyke hoeveelhede,
Afrikaans 1983 Die Here het verder vir Moses gesê: “Vat die volgende geurige speserye in gelyke hoeveelhede: hars, naeltjies, galbanum en suiwer wierook.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het vir Moses gesê: “Neem vir jou geurige stowwe: harpuis, skellak, vinkel, hierdie geurige stowwe, en suiwer wierook. Dit moet gelyke hoeveelhede wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Moses gesê: “Neem ewe veel van die volgende speserye: terpentynboom-gom, naeltjies, vinkelboom-gom, en skoon wierook.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het ook vir Moses gesê: “Meet gelyke hoeveelhede van die volgende speserye af: hars, naeltjies, galbanum en suiwer wierook.