Exodus 30:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Elkeen wat so iets saamvoeg, of elkeen wat iets daarvan op 'n vreemdeling plaas, moet uit sy volk uitgeroei word.
Afrikaans (NLV) 2011 “‘Enigeen wat net so ’n mengsel maak of daarvan aan iemand sit wat nie ’n priester is nie, sal uit die gemeenskap verwyder word.’”
Afrikaans 1933/1953 Elkeen wat so iets meng of iets daarvan aan 'n onbevoegde laat kom, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
Afrikaans 1983 Iemand wat so 'n mengsel maak en aan 'n onbevoegde persoon gee, moet van sy volk afgesny word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Iemand wat iets soortgelyks voorberei, of wat daarvan op 'n buitestander laat kom, sal van sy volk afgesny word. ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As iemand olyf-olie soos hierdie aanmaak of hy gee daarvan vir iemand wat nie 'n priester is nie, dan moet julle hom afsny van sy volk.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Enigeen wat die resep vir iets anders gebruik, of die mengsel op iets of iemand gebruik wat nie aan die Here en sy tent behoort nie, moet uit die volk weggejaag word.”