Exodus 30:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Op die vlees van 'n mens mag dit nie uitgegiet word nie, en julle mag so iets nie maak volgens die samestelling daarvan nie: heilig is dit, en heilig moet dit vir julle wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit mag nooit vir enige ander mens gebruik word nie. Julle mag ook nie daarvan vir julleself gebruik nie. Dit is heilig en moet altyd as heilig beskou word.
Afrikaans 1933/1953 Op geen mens se liggaam mag dit uitgegiet word nie; julle mag ook, na dieselfde voorskrif, so iets nie maak nie: heilig is dit; heilig moet dit vir julle wees.
Afrikaans 1983 Dit mag nie sommer op enige mens uitgegiet word nie. Hierdie mengsel mag julle vir geen ander doel gebruik nie. Dit is gewy en dit moet vir julle gewyd wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die liggaam van 'n gewone mens mag dit nie uitgegiet word nie, en met dieselfde bestanddele mag julle nie iets soortgelyks maak nie. Dit is heilig, en dit moet vir julle heilig wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle mag dit nie op 'n mens se liggaam uitgooi nie, en julle mag nie ander olyf-olie maak wat soos hierdie olyf-olie is nie. Hierdie is gewyde olyf-olie en dit moet altyd gewy wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit mag nie sommer vir ’n mens gebruik word nie. Julle mag ook nie die voorskrif gebruik om vir julleself salfolie te meng nie. Die salfolie is uitsluitlik bedoel om dinge vir die Here af te sonder. Julle moet respek hê daarvoor en dit vir niks anders gebruik nie.