Exodus 30:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet hulle heilig, dat hulle hoogheilig kan wees; alles wat aan hulle raak, sal heilig wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Dra hulle almal aan die Here op. Enigeen wat daarna daaraan raak, sal vir die Here geheilig wees.
Afrikaans 1933/1953 So moet jy hulle dan heilig, dat hulle hoogheilig kan wees. Elkeen wat aan hulle raak, word heilig.
Afrikaans 1983 Jy moet dit wy en dan sal dit besonder gewyd wees. Alles wat daaraan raak, sal ook gewyd wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet dit heilig, dan sal dit besonder heilig wees; elkeen wat daaraan raak, sal heilig word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) So moet julle dit alles wy sodat dit hoog-gewy sal wees. Alles wat aan die gewyde goed raak, sal ook gewy wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dra dit alles aan die Here op met die salfolie sodat dit alles aan die Here alleen gewy is. Elkeen wat aan hierdie voorwerpe raak, moet self aan die Here gewy wees.