Exodus 30:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Neem ook vir jou die belangrikste speserye, van suiwer mirre vyfhonderd sikkels, en soet kaneel die helfte van soveel, tweehonderd-en-vyftig sikkels, en soet kalamus tweehonderd-en-vyftig sikkels, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Kry die volgende bymekaar: 500 dele mirre, die helfte soveel kaneel, 250 dele kalmoes, |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy, neem vir jou van die beste speserye: vyf honderd sikkels fyn mirre en die helfte soveel geurige kaneel, twee honderd en vyftig sikkels, en twee honderd en vyftig sikkels geurige kalmoes |
| Afrikaans 1983 | [23-24] “Gebruik die standaardmaat van die heiligdom en meet die volgende speserye af: vyf honderd dele vloeibare mirre, die helfte soveel geurige kaneel, twee honderd en vyftig dele geurige kalmoes, vyf honderd dele kassie, en vier liter olyfolie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Neem jy self keurgraad speserye: 500 sikkel verpoeierde mirre, die helfte soveel geurige kaneel – dit is 250 sikkel – en 250 sikkel geurige riet, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Neem van die beste speserye: 500 tempel-sikkels mirre, 250 tempel-sikkels kaneel, 250 tempel-sikkels kalmoes, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [23-24] “Kry die volgende bymekaar vir ’n mengsel van salf en olie: 500 dele mirre, die helfte soveel kaneel, 250 dele kalmoes, 500 dele kassie, en vier liter olyfolie. |