Exodus 30:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle moet hul hande en hul voete was, dat hulle nie sterwe nie; en dit sal vir hulle 'n ewige insetting wees, vir hom en sy nageslag in hulle geslagte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dis ’n vaste reël vir Aäron en sy opvolgers en moet deur elke geslag nagekom word.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle moet dan hul hande en hulle voete was, sodat hulle nie sterwe nie. En dit moet vir hulle 'n ewige insetting wees, vir hom en sy nageslag in hulle geslagte. |
| Afrikaans 1983 | moet hulle hulle hande en hulle voete was sodat hulle nie sterf nie. Dit is 'n blywende voorskrif vir hulle en vir hulle nageslagte.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | moet hulle hulle hande en voete afspoel, sodat hulle nie sterf nie. Dit is 'n vaste reël wat altyd geld vir Aäron en sy nageslag, vir al hulle nageslagte.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle moet hulle hande en voete was. Dan sal hulle nie sterf nie. Hulle moet dit altyd doen, hulle en hulle nageslag.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is ’n vaste reël vir Aäron en almal wat hom opvolg. Hulle moet voor die tyd eers hulle hande en hulle voete was voor hulle hulle werk by die tent gaan doen. As hulle dit nie doen nie, kan dit hulle lewe kos.” |