Exodus 30:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer hulle in die tent van samekoms ingaan, moet hulle hulle met water was, sodat hulle nie sterwe nie; of as hulle naby die altaar kom om te dien, om aan die HERE brandoffer te bring;
Afrikaans (NLV) 2011 wanneer hulle in die tabernakel ingaan om voor die Here te verskyn of om ’n offer te bring. Hulle moet hulle was voordat hulle diens verrig, anders sal hulle sterf.
Afrikaans 1933/1953 As hulle in die tent van samekoms gaan, moet hulle hul met water was, sodat hulle nie sterwe nie; of as hulle naby die altaar kom om te dien deur 'n vuuroffer aan die HERE aan die brand te steek.
Afrikaans 1983 Voordat hulle in die tent van ontmoeting ingaan, moet hulle hulle met die water was sodat hulle nie sterf nie. Voordat hulle na die altaar toe kom vir hulle diens om 'n vuuroffer vir My, die Here, aan die brand te steek,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer hulle in die Tent van Ontmoeting ingaan, moet hulle hulleself met water afspoel, sodat hulle nie sterf nie. Of wanneer hulle naby die altaar kom om dienswerk te doen, om 'n offergawe vir die Here te verbrand,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer hulle kom na die tent waar Ek aan julle verskyn, dan moet hulle eers met hierdie water was. Dan sal hulle nie sterf nie. Hulle moet ook was wanneer hulle na die altaar gaan om te werk of om 'n vuur-offer vir My te brand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) wanneer hulle in die tent gaan werk of wanneer hulle by die altaar offers gaan verbrand.