Exodus 30:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n El moet sy lengte wees en 'n el sy breedte; vierkantig moet dit wees, en twee el moet sy hoogte wees; sy horings moet van dieselfde wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit moet aan die kante ’n halwe meter breed wees en ’n meter hoog. Op die hoeke moet daar horings wees wat uit dieselfde hout gemaak is om ’n eenheid te vorm.
Afrikaans 1933/1953 'n El moet sy lengte wees en 'n el sy breedte -- vierkantig moet dit wees; en twee el sy hoogte. Sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees.
Afrikaans 1983 Dit moet 'n half meter in die vierkant wees en 'n meter hoog. Sy horings moet 'n eenheid daarmee vorm.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit moet 'n el lank en 'n el breed wees. Dit moet vierkantig en twee el hoog wees. Die horings moet deel daarvan wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die altaar moet vierkantig wees, een el lank en een el breed en twee el hoog. Daar moet horings aan die altaar wees en julle moet die horings en die altaar van een stuk hout maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit moet vierkantig wees: 45 sentimeter breed en lank en 90 sentimeter hoog. Dit moet op die hoeke arms hê wat soos horings lyk.