Exodus 30:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet die versoeningsgeld van die kinders van Israel neem en dit bestem vir die diens van die tent van samekoms; dat dit vir die kinders van Israel 'n gedagtenis kan wees voor die aangesig van die HERE, om vir julle siele versoening te doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gebruik hierdie geld vir die diens by die tabernakel. Dit sal die Israeliete daaraan herinner dat die Here hulle lewens losgekoop het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Neem dan die versoeningsgeld van die kinders van Israel en bestee dit aan die bediening van die tent van samekoms, dat dit die kinders van Israel in gedagtenis kan bring voor die aangesig van die HERE, om vir julle siele versoening te doen. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet die versoeningsgeld by die Israeliete insamel en dit aan die priesters gee vir die diens in die tent van ontmoeting. Die versoeningsgeld sal My, die Here, laat dink aan die Israeliete en sal hulle lewens loskoop.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet die silwer vir die versoening van die Israeliete in ontvangs neem, en dit gebruik vir die dienswerk in die Tent van Ontmoeting. Dit sal vir die Israeliete dien as herinnering voor die Here om versoening te doen vir julle lewens.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet hierdie geld neem wat die Israeliete gegee het omdat Ek hulle sonde vergewe het, en julle moet dit vir die priesters gee. Die priesters moet dit gebruik vir die werk in die tent waar Ek aan julle verskyn. Dan sal Ek aan julle dink en julle sonde vergewe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die geld wat jy op hierdie manier van die Israeliete kry, moet jy gebruik om te betaal vir alles wat daar by my tent gedoen moet word. Ek sal onthou dat die Israeliete betaal het en dat daar nie rampe oor hulle moet kom wanneer die volk getel word nie.” |