Exodus 30:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die rykes mag nie meer gee nie, en die armes mag nie minder as 'n halwe sikkel gee as hulle 'n offer aan die HERE gee om vir julle siele versoening te doen nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer hulle hierdie afkoopsom vir hulleself betaal, moet dié wat ryk is nie meer gee en dié wat arm is nie minder betaal nie.
Afrikaans 1933/1953 Die ryke moet nie meer en die arme moet nie minder as 'n halfsikkel bring nie, as hulle die offergawe van die HERE gee om vir julle siele versoening te doen.
Afrikaans 1983 “Die ryke moet nie meer en die arme nie minder as die offergawe van ses gram silwer vir My bring as versoeningsoffer vir sy lewe nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Rykes moet nie meer gee nie, en armes nie minder nie as die halwe sikkel wat gegee moet word as die Here se wydingsgeskenk om versoening te doen vir julle lewens.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die ryk mense moenie meer as 'n halwe tempel-sikkel silwer gee nie, en die arm mense moenie minder gee nie. Dan sal Ek hulle sonde vergewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die bedrag geld is vir almal dieselfde, of hy nou ryk is of arm.