Exodus 30:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit moet hulle gee, elkeen wat tussen die geteldes deurgaan, 'n halwe sikkel volgens die sikkel van die heiligdom: 'n sikkel is twintig gera; 'n halwe sikkel moet die offer van die HERE wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elkeen wat getel word, moet ses gram silwer vir die Here betaal. Dit is volgens die eenheid wat by die hei-ligdom gebruik word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit moet hulle gee, elkeen wat na die geteldes oorgaan: 'n halfsikkel volgens die sikkel van die heiligdom -- die sikkel is twintig gera -- 'n halfsikkel as offergawe aan die HERE. |
| Afrikaans 1983 | “Elkeen wat kom om getel te word, moet met silwer betaal, ses gram volgens die standaardgewig van die heiligdom. Die ses gram is 'n offergawe vir My, die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is wat elkeen moet gee wanneer hy getel is: 'n halwe sikkel volgens die standaardgewig van die heiligdom, – twintig gera is 'n sikkel. Die halwe sikkel is 'n •wydingsgeskenk aan die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elkeen vir wie julle tel, moet 'n halwe tempel-sikkel silwer gee. Dit is 'n present vir My. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sodra hy getel is, moet hy ses gram silwer by die tent kom inbetaal. Hy moet dit afweeg op die skaal wat by die tent gebruik word. Sy belasting is ’n offer wat hy vir die Here bring. |