Exodus 30:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer jy die som van die kinders van Israel volgens hulle getal neem, dan moet hulle elkeen 'n losprys vir sy siel aan die HERE gee as jy hulle tel; dat daar geen plaag onder hulle sal wees as U hulle tel nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer jy die Israeliete tel, moet elkeen wat getel is ’n afkoopsom vir homself aan die Here betaal. Geen ramp sal hulle dan tref wanneer jy hulle tel nie.
Afrikaans 1933/1953 As jy die volle getal van die kinders van Israel opneem volgens hulle geteldes, moet hulle, elkeen vir sy lewe, losgeld aan die HERE gee as hulle getel word, sodat geen plaag onder hulle mag wees as hulle getel word nie.
Afrikaans 1983 “Wanneer jy die Israeliete tel, moet elkeen wanneer hy getel word, 'n versoeningsoffer vir sy lewe aan My, die Here, offer. Dan sal hy nie deur 'n ramp getref word wanneer hy getel word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wanneer jy 'n hoofdelike telling hou van die Israeliete, van dié wat ingeskryf is, moet elkeen van hulle vir die Here losgeld vir sy lewe gee wanneer hulle getel word, sodat wanneer hulle getel word, daar geen plaag onder hulle sal uitbreek nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Wanneer julle die Israeliete tel, dan moet elkeen 'n offer vir die Here gee. Dan sal Ek hulle nie siek maak en hulle laat sterf wanneer julle hulle tel nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wanneer jy die Israeliete tel, moet elkeen wat klaar getel is, belasting betaal. As hy dit nie doen nie, kan ’n ramp hom miskien tref.