Exodus 30:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Aäron moet een maal in die jaar versoening doen vir sy horings met die bloed van die sondoffer van versoening; een maal in die jaar moet hy daarvoor versoening doen vir julle geslagte; hoogheilig is dit aan die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 “Een keer elke jaar moet Aäron die altaar heilig wanneer hy bloed van die versoeningsoffer aan die horings van die altaar smeer. “Elke geslag moet een keer per jaar versoening op hierdie altaar kom doen. Dit is uitsluitlik hiervoor aan die Here gewy.”
Afrikaans 1933/1953 En Aäron moet een maal in die jaar aan die horings daarvan versoening doen; met die bloed van die sondoffer van versoening moet hy een maal in die jaar daarvoor versoening doen vir julle geslagte. Hoogheilig is dit aan die HERE.
Afrikaans 1983 “Aäron moet een keer per jaar op die horings van die altaar versoening doen met die bloed van die sondeoffer. Ook julle nageslag moet een keer per jaar op die horings versoening doen. Die altaar is op 'n besondere manier gewy aan My, die Here.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Aäron moet een keer per jaar op die horings daarvan versoening doen. Met die bloed van die •reinigingsoffer vir die versoening moet hy een keer per jaar daarop versoening doen. Dit geld ook vir julle nageslagte. Die altaar is besonder heilig vir die Here. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Aäron moet een maal elke jaar 'n spesiale offer vir My bring om te vra dat Ek julle nageslag se sondes moet vergewe. Hy moet dan 'n bietjie bloed neem van die dier wat hy offer vir die sonde van die volk. Hy moet dit smeer aan die horings van die altaar. Die altaar is hoog-gewy aan My.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Net een keer per jaar, op die dag wat julle sake met God reggestel word, mag Aäron van die bloed van die sondeoffer wat op daardie dag gebring word, aan die altaar se horings kom smeer om daarop vrede vir julle te maak. Almal moet onthou dat dit ’n altaar is wat net vir die wierookoffer gebruik mag word. Dit behoort aan God alleen.”