Exodus 3:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar elke vrou moet van haar naaste en van haar wat in haar huis vertoef, silwer- en goue juwele en klere leen; en julle moet dit aan julle seuns en op julle dogters trek; en julle moet die Egiptenaars plunder.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Israelitiese vroue moet dan silwer en goue juweliersware en mooi klere eis van hulle Egiptiese bure en van die Egiptenaars wat in hulle huise is. Laat julle seuns en dogters dit dan dra. So sal julle die Egiptenaars deeglik plunder.”
Afrikaans 1933/1953 maar elke vrou moet van haar buurvrou en van haar wat in haar huis vertoef, silwer-- en goue voorwerpe en klere eis. En julle moet dit op julle seuns en dogters sit, en so Egipte berowe.
Afrikaans 1983 Elke vrou moet van haar buurvrou of in die huis waar sy werk, silwer- en goue goed sowel as klere eis. Laat julle seuns en dogters dit dan as buit uit Egipte uit wegdra.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Elke vrou moet van haar buurvrou of van die een wat in haar huis tydelike verblyf geniet, silwer- en goue voorwerpe en klere eis. Julle moet julle seuns en dogters dit laat saamdra. So moet julle buit neem van die Egiptenare.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elke Israelitiese vrou moet silwergoed, goue goed en klere vra vir haar Egiptiese buurvrou of vir die mense wat by haar woon. Julle moet dit vir julle seuns en dogters gee om te dra. So moet julle die Egiptenaars se goed wegdra.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elke vrou moet haar buurvrou en die mense om haar wat van ander plekke kom, dwing om vir haar silwer en goue juweliersware en klere te gee. Julle moet dit vir julle kinders aantrek. So moet julle hulle terugkry vir wat hulle aan julle gedoen het. Julle moet Egipte kaal uittrek.”