Exodus 3:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal hierdie volk guns gee in die oë van die Egiptenaars, en as julle gaan, sal julle nie leeg gaan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal sorg dat die Egiptenaars julle dan goed behandel. Hulle sal julle oorlaai met geskenke. Julle sal nie met leë hande van daar af weggaan nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal aan hierdie volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars; en as julle dan trek, moet julle nie met leë hande trek nie, |
| Afrikaans 1983 | Ek sal ook sorg dat die Egiptenaars goed doen aan hierdie volk van My, sodat, as julle uiteindelik wegtrek, julle nie met leë hande sal gaan nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal sorg dat die Egiptenare hierdie volk goedgesind is, sodat wanneer julle gaan, julle nie met leë hande sal gaan nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal dan die Egiptenaars vriendelik maak teenoor julle, sodat julle iets sal hê om saam te neem wanneer julle weggaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal ook die houding van die Egiptenaars teenoor julle verander. Wanneer julle eendag uit die land wegtrek, moet julle nie sonder geskenke weggaan nie. |